101 Slaaptydstories maak bed-toe-gaan en slaaptyd maklik en interessant vir kinders.

Elke storie is oorspronklik en outonoom en so drie-vier bladsye lank, kort genoeg om ma en pa geïnteresseerd te hou en lank genoeg om enige rakker aan die slaap te sus.

Net soos Mossieman en sy boesemvriend Geronkie die donkie, is Henning van Aswegen is ‘n gebore en getoë Vrystater. Saam swerf dié drie deur die Vrystaat en beleef avonture wat enige grompot lekker sal laat lag.  Mossieman en Geronkie het trouens die handboek vir poetsbakkery en ware liegstories uit die Vrystaat self geskryf.

pietervanheerden-colourfulfreestate-scene

  • So lyk die Vrystaat in die winter … in die somer is dit nog mooier …