rrrrrr

Raai, raai, riepa

Mossieman is ʼn platjie wat baie daarvan hou om poetse te bak en al die ander diere in die Vrystaat om die bos te lei. Geronkie die donkie en Mossieman se ma’s en pa’s was groot vriende – hulle is omtrent saam gebore en van kindsbeen af al boesemvriende. Ongelukkig vir Geronkie beteken dit dat hy dikwels aan die ontvangkant van Mossieman se kwinkslae is en as Mossieman die dag lus vir raaisels, roep hy sy ou boesemvriend eerste nader om ʼn bietjie die gek met hom te skeer. Alhoewel Geronkie die slimste donkie in die hele Vrystaat is, snap hy nie altyd al Mossieman se wyshede en onsinnighede nie. Veral nie as dit by raaisels kom nie.

“Raai-raai bietjie, Geronkie, ek is ʼn reus en ek het ʼn doring op my neus.”

LEES DIE RES VAN HIERDIE STORIE EN ANDER SLAAPTYDSTORIES, OP Amazon.com/author/henningvanaswegen

Boekbestellings: hasepad.com

@whatshappeningingordonsbay

@HenningvanAsweg

 

*