caterpillar-41420_640

Geronkie die Donkie en sy boesemvriend Mossieman sit onder die koeltebome in Knysna se bos en luister hoe die loeries kok-kok-kok. Hulle is bietjie met vakansie en het met die Bloutrein van die pragtige Vrystaat af na Knysna gery, om na Dalene Matthee se mistieke reënwoude te besoek.  “Dalene is een van my gunsteling skrywers, Geronkie,” het Mossieman opgewonde vertel toe hulle op die Bloutrein ry. “Ek kan nie wag om te sien hoe haar Knysnabosse lyk en hoor hoe die loeries koer en sing nie, hulle maak so kok-kok-kok, kok-kok-kok.

“Ek wil eintlik net hoor hoe die krieke in die Knysnabos kriek, Mossieman,” antwoord Geronkie besadig.  Dalene skryf hulle maak so huidjiehu met hulle vlerke.”

“Huidjiehu! Wat se soort geluid is dit?”

“Die sprinkaan skraap sy agterpote oor die riffies op sy agterlyfie, dan maak hy ‘n geluid wat so huidjiehu klink,” verduidelik Geronkie slim. “Party mense in die Vrystaat noem die sprinkaantjies allerhande name, party sê gonjatjies en ander huidjie-eenasems.

“Klink vir my meer of hulle uitasem is,” trek Mossieman Geronkie se been. “Maar vertel nou eers, Geronkie, wat het jy daar in jou rugsak?”

Versigtig haal Mossieman ‘n botteltjie uit sy rugsak. Die botteltjie het ‘n groen dekseltjie en binne-in is daar ‘n geel vloeistof, amper soos olie. Mossieman het gesien hoe Geronkie die glasbotteljie in sy rugsak pak toe hulle reggemaak het vir die vakansie, maar Geronkie wou nie vertel wat binne-in die botteltjie is nie.

“’n Sprinkaan. My troeteldiertjie.”

“’n Sprinkaan? Geronkie, wat op deeske aarde maak jy met ‘n sprinkaan in ‘n botteljie?”

Geronkie loer na die springkaan in die botteljie en probeer hom agter sy rug wegsteek sodat Mossieman nie kan sien nie.

“Geronkie, wat doen jy met die sprinkaan in jou rugsak? vra Mossieman streng. Hoekom is hy in die botteltjie? Is hy dood of lewendig?”

“Hy is dood, lánkal al.”

“Wat is saam met hom in die botteljie?”

“Olie.”

“Olie?”

“Ja, olie. Ek het die sprinkaan in die botteltjie olie in my rugsak gepak en hom saamgebring see toe vir die vakansie.”

“Maar hoekom, Geronkie?  Mens vat mos nie ‘n dooie sprinkaan met vakansie nie.”

“Gelukkig is ek ‘n donkie, Mossieman, nie ‘n mens nie. Dit is net vir ingeval.”

“Ingeval wat?”

“Ingeval ‘n ander sprinkaan my pik.”

“Pik?”

“Ja, Mossieman. Ek is bang ‘n ander sprinkaan pik my.”

Mossieman skater van die lag. “Geronkie, jy maak mos nou ‘n grappie.  Sprinkane pik nie man, hulle byt.”

“Byt?”

“Ja, sprinkane byt en knaag aan die koringlande in die Vrystaat, hulle pik nie. Wat gebeur as ‘n sprinkaan jou byt?”

“Dan vat ek die olie in die botteltjie en ek smeer dit op die bytplek.”

Mossieman skater van die lag. “Geronkie” sê hy, “dit het nog nooit gebeur dat ‘n springkaan ‘n mens byt nie, wat nog ‘n donkie soos jy. Nog nooit nie!”

“Ja, ek weet,” sê Mossieman besadig en hy pak sy botteltjie terug in sy rugsak. “Dit wys jou net hoe bang sprinkane vir my olie is.”

Mossieman sit sy vlerke beskermend om Geronkie se skouers.  “Toemaar Geronkie, jy hoe nie bang te wees nie.  Kom ons gaan stap verder die Knysnabosse in, dan soek ons na die reuse geelhoutbome waarvan Dalene praat, en ons soek mosse en varings en miskien sien ons een van haar skim-olifante raak.

“Dit is reg so, kom ons stap deur die Knysnabos, my rugsak is gereed.  Maar weet jy wat, Mossieman?”

“Nee, Geronkie, wat?”

“Mense, en diere, het jare laas een van die Knysnabos se skim-olifante gesien.  Hulle is baie raar en hulle kruip meesal diep in die bosse weg.”

“Dit is waar, Geronkie.  Weet jy hoekom kruip die skim-olifante sò weg?”

“Nee, Mossieman.  Vertel maar.”

“Hulle is baie bang vir sprinkane, Geronkie. Veral sprinkane wat met die Bloutrein van die Vrystaat af kom.”

*